Julle stories: klein voete

Juliette Le Roux

Juliette en haar kinders is daaglikse besoekers en aanhangers van die Aftelkalender wat KiesKerk vir die inperkingstydperk geloods. Juliette woon in Port Elizabeth saam met haar gesin van vier en is deel van die NG Kerk Somerstrand. 

 

Juliette het op die eerste dag van die nasionale grendeltyd op Facebook van die Aftelkalender gelees – en dit is waar die pret begin het. Sy, haar man en hulle twee kinders, Jean (11) en Nina (9), doen elke dag na aandete saam Bybelstudie deur die materiaal van die aanlyn Aftelkalender te gebruik. Hulle geniet veral die praktiese wenke van “Liturgie van die Lewe”, soos om elke dag hulle beddens op te maak.

 

Na die dag se skoolwerk, musiektyd met hulle onderskeie musiekinstrumente, trampolienspring en bordspeletjies, lees die Le Roux’s saam die kinderaktiwiteit en sluit af met die “Slaaptydstorie”, wat Jean en Nina baie geniet.

 

Juliette is dankbaar vir die span wat die Aftelkalender saamstel, want sy voel daar is so min Bybelstudiemateriaal in Afrikaans wat maklik bruikbaar is vir die hele gesin.

Jean en Nina se reënboog (Kinderaktiwiteit van dag 1 van die Aftelkalender)

Nina, Juliette, David en Jean vier Juliette se verjaarsdag

“Kwarantee” – ’n voorstel van dag 12 se “Liturgie van die Lewe”

Hartjies in die tuin – dag 12 se kinderaktiwiteit