Kan ek ’n deel van my boedel skenk?

Jy het dalk al gewonder hoe jy nou ’n verskil in ander mense se lewe kan maak. Maar dis ook goed om te weet dat jy selfs ná jou dood ’n positiewe impak kan maak en jou nalatenskap kan laat voortleef.

 

Deur ’n deel van jou boedel aan ’n liefdadigheids- of nieregeringsorganisasie (NRO) te skenk ondersteun jy nie net die goeie werk wat die betrokke instansie doen nie; dit hou ook boedelbelastingvoordele in. 

Waar begin ek?

As jy vir die eerste keer ’n testament wil laat opstel of dalk ’n bestaande weergawe wil hersien, kan jy gerus die artikel “Hoe stel ek my testament op?” lees. Dit bevat nuttige inligting en wenke wat hierdie proses vir jou baie makliker sal maak. 

Hoe maak ek ’n donasie met my erflating?

Dit is belangrik om jou nalatenskap in jou testament te bemaak. Sodoende verseker jy dat die erfgename van jou keuse ná jou afsterwe dít ontvang wat jy graag aan hulle wil nalaat. Buiten die voor die hand liggende keuse om geliefdes as erfgename te benoem, kan jy ook besluit om ’n deel van jou nalatenskap aan ’n liefdadigheidsorganisasie of ’n NRO te bemaak.

 

As jy graag wil hê jou nalatenskap moet voortleef deur die verkondiging van die Woord, kan jy dit oorweeg om ’n organisasies soos Bybel-Media by jou testament in te sluit. Bybel-Media het verskeie inisiatiewe wat ’n reuseverskil in baie mense se lewe maak:

 

Wat is boedelbelastingvoordele?

Wanneer ’n persoon sterf, kan hulle boedel aan boedelbelasting (belasting op die waarde van hulle nalatenskap) onderhewig wees. As ’n persoon egter besluit om ’n deel van hulle boedel aan ’n liefdadigheidsorganisasie of ’n NRO te bemaak, sal die waarde van hulle nalatenskap verminder. Gevolglik sal die boedelbelasting wat verskuldig is ook verminder, of selfs wegval. 

Testamente-week

Die Regsvereniging van Suid-Afrika bied jaarliks Testamente-week aan waar deelnemende prokureurs oor die hele land jou kan help om ’n basiese testament gratis op te stel. Dit is die ideale geleentheid om jou papierwerk agtermekaar te kry. Vir meer inligting of ’n lys van deelnemende prokureurs in jou omgewing, besoek die webwerf van die Regsvereniging van Suid-Afrika deur hier te klik.

 

Moenie langer uitstel nie! Kry gemoedsrus dat jou papierwerk in orde is. Dit sal jou geliefdes ná jou dood help om jou boedel sonder sukkel af te handel.