Wat het ek nodig vir my testament?

Die meeste Suid-Afrikaners sterf intestaat (sonder ’n geldige testament) en dit het verreikende gevolge. As jy intestaat sou sterf, het jy geen seggenskap oor wat met jou nalatenskap gebeur nie. Dit sal onnodige spanning veroorsaak vir jou geliefdes wat agterbly, aangesien hulle met hope papierwerk opgesaal sal word.

 

Deur deeglike beplanning kan jy al jou papierwerk agtermekaarkry sodat jou geliefdes hulle nie daaroor hoef te bekommer terwyl hulle van jou afskeid neem nie. ’n Sorgvuldig uiteengesette testament sal dit vir hulle makliker maak om jou gedenkdiens te reël en jou bedoel af te handel. 

Hoe kry ek my papierwerk in orde?

Begin vandag om jou lewenslêer agtermekaar te kry. Bybel-Media se Lewenslêer kan jou hiermee help. Dié gids sal jou begelei om al jou nodige inligting en dokumente bymekaar te kry sodat jou geliefdes dit maklik in die hande kan kry as iets onverwags sou gebeur.

Watter dokumente het ek nodig vir my testament?

Lewenslêer is ’n omvattende gids tot alle persoonlike inligting en belangrike dokumente wat jy bymekaar kan kry om jou lewe te organiseer. Hier is ’n paar voorbeelde van hierdie belangrike dokumente:


  • Identiteitsdokumente
  • Belangrike kontakbesonderhede
  • Mediesefondsinligting
  • Versekeringspolisse
  • Annuïteite
  • Beleggings
  • Bankbesonderhede
  • Eiendom of huurkontrakte
  • Enige ander bates of laste
  • Boedelinligting
  • Begrafnisinstruksies
  • Sosialemedia-besonderhede


As jy gereeld op soek is na belangrike dokument wat jy iewers gebêre het, maar dit nie in die hande kan kry nie, sal Bybel-Media se Lewenslêer van onskatbare waarde wees vir jou. Hierdie nuttige gids sal jou help om al jou papierwerk in ’n japtrap in orde te kry. Laai alles wat jy nodig het af deur hier te klik. En as jy meer wil uitvind oor die jaarlikse Testamente-week, besoek gerus die Regsvereniging van Suid-Afrika se webwerf.