Hoe maak ek ’n liefdadigheidsbemaking?

Net soos wat ’n mens tydens jou leeftyd betrokke kan raak by jou geloofsgemeenskap of ’n niewinsgewende geloofsorganisasie, kan jy ook ná jou dood ’n verskil in mense se lewe maak deur die Woord van Jesus Christus te help versprei.

 

Wanneer jy beplan hoe jy jou besittings in jou testament gaan bemaak, kan jy dit gerus oorweeg om jou nalatenskap te laat voortleef deur organisasies wat die evangelie verkondig in jou testament in te sluit.

’n Nalatenskap wat die Woord help versprei

Die kerk gaan oor meer as net baksteengeboue. Die hartklop van die kerk is die versterking van mense se geloof en die verkondiging van die evangelie oor die wêreld heen. Bybelse geloof kan genesing in ons land bring mits ons hierdie geloof by ons kinders, gemeenteleiers en gemeentes kweek.

 

Bybel-Media ontwikkel en versprei Bybelse produkte wat gemeentes, gesinne en kinders op hulle pad van geloofsvorming sal begelei. Lees hier hoe jy die verspreiding van sulke produkte kan ondersteun.

Help kinders floreer

In Suid-Afrika is daar dikwels ’n gebrek aan goeie opleiding, opvoeding en die opbouing van die jeug. Nie net stoei ons met ongeletterdheid en die swak leesvermoë van kinders nie, maar ook met ’n gebrek aan geestelike blootstelling.

 

Bybel-Media is betrokke by die bevordering van kinders se lees-met-begrip-vermoë én hulle geestelike ontwikkeling. Ons skep onder meer geestelike materiaal vir kinders, asook kursusse vir jeugleiers en fasiliteerders in gemeenskappe met geestelike nood. En jy kan hiermee help. Lees hier hoe jy ’n bydrae kan maak.

 

In samewerking met LiG-tydskryf bied Bybel-Media ook storieboeke vir kinders wat praat oor lewenskwessies soos verlies, angstigheid, boeliegedrag en eensaamheid. Die Ligland-reeks troos en bemagtig kinders, en help hulle om met balans te leef en in hulle geloof te groei. As hierdie inisiatief jou na aan die hart lê, lees hier hoe jy ’n verskil kan maak.

Ondersteun kerkleiers

Nehemia Bybelinstituut, in samewerking met Bybel-Media, bied broodnodige ondersteuning aan gemeenskappe en kerkleiers wat nooit formele teologiese opleiding gehad het nie.

 

Jou bydrae kan help om mense toe te rus om die Woord te verkondig. Klik gerus hier as jy meer wil weet.

Bemagtig gevangenes

As jy graag wil hê jou nalatenskap moet ’n positiewe invloed op jou gemeenskap hê, kan jy dit oorweeg om Bybel-Media se Building Bridges-inisiatief te ondersteun. Sedert 1980 maak hierdie projek ’n merkbare verskil deur Suid-Afrikaanse gevangenes die geleentheid te gee om God te ontmoet en in hulle geloof te groei. Jou ondersteuning kan help om aan hierdie persone hulle menswaardigheid terug te gee en ’n daadwerklike verskil in hulle lewe te maak. Kry meer inligting hier.

Hoe besluit ek oor my nalatenskap?

Die meeste Suid-Afrikaners het nie ’n geldige testament nie. Dit is egter belangrik om ’n testament te hê, ongeag jou finansiële situasie, anders kan dit jou geliefdes baie hoofbrekens besorg ná jou afsterwe.

 

Hoe en aan wie jy jou nalatenskap wil bemaak, is ’n persoonlike saak en bly jou besluit. Buiten die voor die hand liggende keuse om geliefdes as erfgename te benoem, het mense dikwels die behoefte om ’n organisasie te ondersteun wat ’n rol in hulle lewe gespeel het en hulle na aan hart lê.

 

As jy graag wil help om die Woord te verkondig en ’n positiewe verskil in mense se lewe te maak, kan jy dit gerus oorweeg om Bybel-Media as ’n begunstigde in jou testament in te sluit. Klik hier vir meer inligting.