Julle stories
Annadene Malan
Annadene Malan is ’n vierdejaarstudent wat Bewaringsekologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer. Sy het op KiesKerk.com afgekom toe sy maniere gesoek het om met haar medegelowiges kontak te behou. Sedertdien geniet sy en haar gesin hierdie platform se weeklikse eredienste. Sy volg ook Stellenbosch Moederkerk se eredienste wat elke Sondag beskikbaar gestel word.
Annadene is ’n selgroepleier en sy gesels elke week met haar selgroep oor die preek se inhoud, ten spyte daarvan dat die groepslede almal provinsies ver van mekaar af is. Sy gebruik ook graag die gebruikersvriendelike skakels om die kerk te kontak, dankoffers te gee en die platform deur Whatsapp, Twitter of Facebook te deel.
Annadene voel die heel naaste aan die Here wanneer sy in die natuur is en die skepping persoonlik kan waardeer. In haar vrye tyd geniet sy dit om berg te klim, te stap en veral branderplank te ry. Boonop is sy ’n Maties-frisbeespeler!
Annadene en haar gesin is dankbaar dat KiesKerk.com destyds aan die begin van grendeltyd binne ’n week geskep is sodat gelowiges oor die land heen hulle onderskeie gemeentes kan ondersteun en kontak met mekaar kan behou.
Annadene se gesin bestaan uit haar broer, Avril, sy, haar ma, Doreen, en haar pa, Ben.
Annadene wat die afgelope Sondag op KiesKerk.com ‘n preek volg.
Annadene ry graag branderplank by Muizenberg in die Kaap.
Rotsklim by Rocklands, naby Tafelsig.