Boodskap vir Vandag maak ’n impak!

Ons bereik meer as 8 800 lesers elke dag met God se Woord.
God se Woord is ’n seën vir al sy kinders. Dis die Bybel waarheen ons draai wanneer die lewe moeilik raak. Dis Jesus na wie ons kyk as ’n voorbeeld vir ons eie lewe.

Ons almal kort soms ’n paar woorde van bemoediging, inspirasie en ondersteuning. Dis waarom Bybel-Media die Boodskap vir Vandag-projek begin het: om mense op hulle geloofsreis by te staan.

Wat is Boodskap vir Vandag?

Dit is ’n elektroniese dagstukkie wat mense bemoedig, troos, ondersteun en uitdaag deur die woorde en beloftes van die Bybel. Ons stuur dit elke dag aan ons lesers uit.

Watter impak maak hierdie projek?

Vir elke mens wat op Boodskap vir Vandag inteken, het die dagstukke ’n ander betekenis. Vir sommige bied dit die nodige herinnering aan God se genade en liefde, en vir ander bevestig dit die wete dat God sy beloftes nakom. Vir elk van ons 8 800 lesers gee dit inspirasie vir die dag wat voorlê.

Lees die wonderlike getuienisse wat ons van lesers ontvang:

“Sjoe! Dis my gunstelingvers tot vandag toe. Baie dankie vir die wonderlike woorde. Ek kan nie wag om die stukkies elke dag te kry nie. Dis so bemoedigend en bevrydend.”

“Dit is kosbaar en mooi geskryf. Dit gee die waarheid van God se Woord deur. Baie dankie dat jy jou gawes gebruik om dit met ons te deel, dr. Barend. Die taalgebruik is pragtig. Ek waardeer julle almal opreg.”

“Baie dankie vir die inspirerende verse wat julle elke dag stuur. Ek waardeer dit opreg. Ek kry nie altyd kans om dankie te sê nie, maar ek waardeer julle baie.”

“Ek wil net graag baie dankie sê vir die daaglikse boodskappies. Dit is kos vir my siel en gee vir my perspektief. Soms is die onderwerpe so verwant aan my situasie, en dit dra my deur. Baie dankie!”

“Halleluja! Daar is geen ander God as my God nie! Here, dankie dat U my telkemale herinner dat U altyd daar is.”

“Baie dankie vir die dagstukkies. Dis elke keer so akkuraat en waar. Soms swaar om te lees, maar nodig om te hoor. Dit pyl reguit op ’n mens se hart af en dring deur tot diep binne.”

Dis vir ons ’n voorreg om al hierdie boodskappe te lees! Dit is inspirerend om te weet ons daaglikse boodskappe uit God se Woord maak ’n blywende verskil in mense se lewe.

Wil jy ook Boodskap vir Vandag ontvang?

Klik hier onder en ons sal elke dag vir jou die Boodskap vir Vandag stuur.
Sluit vandag by ons aan. Dis gratis!

KRY DAAGLIKSE BOODSKAPPE

Stel jy belang om ons projek te ondersteun?

Word vandag ’n Bybelboodskapper! Saam kan ons ’n verskil in so baie mense se lewe maak deur bemoedigende boodskappe van geloof aan hulle te bring.

Jy kan ons Boodskap vir Vandag-projek ondersteun deur ’n klein bydrae te maak. Jou geskenk van vandag help ons om die toekoms van hierdie projek met sy wye impak te verseker.

ONDERSTEUN ONS PROJEK

“Wie sal ons boodskapper wees?”  Ek het geantwoord: “Hier is ek!  Stuur my!” 

– JESAJA 6:8

DEEL DIT

LEES OOK

Ontmoet die span

Ontmoet die span: LUANÉ MCLACHLAN Ontmoet Luané McLachlan Luané McLachlan is ’n kunstenaar met vele talente. Haar vaardighede word ingespan

Marius Nel

Ontmoet die span: MARIUS NEL Ontmoet Marius Nel Marius Nel skryf die daaglikse Oordenking wat deel vorm van die inhoud