Bybel-Media se KinderKersKous-projek

Maak hierdie Kersfees ’n verskil

Dis amper Kerstyd! Die Goeie Nuus van die eerste Kersfees bly nog altyd dieselfde: Christus se oneindige liefde, genade en beskerming bly vir altyd by ons.

Saam kan ons mense met hierdie blye boodskap bemoedig. En met jou hulp kan ons hierdie jaar voortgaan om Jesus se boodskap aan ons land se kinders verkondig.

KinderKersKous-projek se impak

Ons projek bestaan uit sakke gevul met Kinderbybelstories, Bybelse aktiwiteitsboeke en ander opvoedkundige boeke wat ons by kinderhuise en skole uitdeel.

Dankie aan ons donateurs

Kyk na die verskil wat ons saam maak:

In 2022 het ons honderde boeke by kinderhuise en skole uitgedeel met die onbaatsugtige hulp van donateurs. Jy kan ons help om in 2023 weer ’n verskil te maak.

Met die getroue bydrae van ons donateurs kan ons Jesus se boodskap uit dra sodat nog meer kinders Hom kan leer ken.

Help ons om kinders in die hele Suid-Afrika te bereik – kinders wat nog nooit van Jesus gehoor het nie, asook kinders wat in gelowige huise grootword.

LEER MEER OOR ONS PROJEK

Die impak wat ons saam maak

Kyk net die vrolike glimlaggies wat jou ondersteuning aan meer kinders sal kan bring:

Met jou hulp kan ons die kinders na Jesus toe bring. Help ons om ’n verskil te maak!

Kinders met hulle geskenksakke vol Bybelse kinderboeke en -produkte

Kinders met hulle nuwe inkleurboeke oor die mense van die Bybel

Jy kan hierdie Kersfees ’n glimlag op ’n kind se gesig sit deur ’n klein bydrae te maak.

Jy kan ons projek ondersteun! Met ’n klein bydrae kan jy ons help om Kinderbybelstories, Bybelse aktiwiteitsboeke en ander opvoedkundige boeke aan kinders uit te deel.  

HELP ONS OM ’N VERSKIL TE MAAK

Maak hierdie Kersfees ’n verskil.

Gee aan kinders die beste Kersgeskenk moontlik: die Goeie Nuus van Jesus. 

Help ons om meer Bybelse kinderprodukte en die Kinderpret-leesreeks, Bybel-Media se Bybelstorie-vouboeke, in elke kind se hande te sit. Dit kos R100 om een stel Bybelstorie-vouboeke vir ’n kind te gee.

Met ’n bydrae tot ons KinderKersKous-projek kan jy ’n verskil maak en kinders aan Jesus bind. Vir hierdie projek span ons ook saam met Kerkbode se Kersfonds wat fondse insamel om minderbevoorregte kinders te help.

MAAK ’N DONASIE

Borg ’n KinderKersKous!

Jy kan ’n eenmalige, maandelikse of jaarlikse bydrae maak.

Elke donasie help ons om kinders na Jesus toe te bring.

ONDERSTEUN ONS PROJEK

Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.”

– LUKAS 18:16

DEEL DIT

LEES OOK

Ontmoet die span

Ontmoet die span: LUANÉ MCLACHLAN Ontmoet Luané McLachlan Luané McLachlan is ’n kunstenaar met vele talente. Haar vaardighede word ingespan

Marius Nel

Ontmoet die span: MARIUS NEL Ontmoet Marius Nel Marius Nel skryf die daaglikse Oordenking wat deel vorm van die inhoud