Bybel-Media

Welkom by Bybel-Media: Jou inspirasievennoot op die Jesus-weg

Bybel-Media inspireer mense om Jesus te volg en om te groei as dissipels op hulle geloofsreis. Ons oogmerk is om jou Christelike inspirasievennoot te wees. Bybel-Media is meer as net ’n media-organisasie; ons is jou konstante geestelike reisgenoot. Met die evangelie as ons rigtingwyser, bring ons hoop en inspirasie aan jou mense regoor Suider-Afrika. Ons groei saam met die tye en benut die geleenthede van die digitale era om die boodskap van God se liefde en genade nog wyer te versprei.

Leef die Evangelie: Brei ons digitale voetspoor uit.

Ons digitale platforms reik verder as ooit tevore. Hiermee skep ons ruimte vir lewensveranderende ervarings, inspireer ons gemeenteleiers en bemagtig ons gelowiges om as dissipels te leef. Ons wil sien hoe elke persoon met wie ons in aanraking kom, die liefde van Jesus op ’n tasbare manier beleef. Met Missio, Vonkk, Flam, Nehemia Bybelinstituut, Bybelkor, Mema, Goeie Nuus Media, LiG-tydskrif, en Kerkbode onder ons sambreel, brei ons ons impak verder uit. Nes voorheen bied ons gedrukte produkte aan, maar nou met ’n addisionele fokus op digitale media om geestelike ondersteuning en die evangelieboodskap selfs meer toeganklik te maak.

Ons donateurs: die dryfkrag agter ons werk

Dit is vir ons ’n voorreg dat ons donateurs – mense wat onbaatsugtig help om die evangelie van Jesus Christus te versprei – ons ondersteun. Jou bydrae maak ’n direkte impak deur nuwe publikasies, bedieningsaksies en geestelike hulpbronne vir predikante, gemeentes en lidmate moontlik te maak. Met jou ondersteuning kan ons voortgaan om die lig van Jesus aan nog meer mense te bring.

Jou donasie help ons om ’n verskil te maak met inhoud wat mense daagliks inspireer. Saam kan ons die wêreld verander, een webtuiste, een getuienis, een boek, een Bybelse produk, een dagstukkie en een boodskap op ’n slag.

Sluit aan by ons missie, skenk aan ’n inisiatief wat jou na aan die hart lê en laat ons saam reis op die Jesus-weg!

Laat elkeen gee soos vooraf in die hart besluit is; God het ‘n blymoedige gewer lief.
– 2 Korintiërs 9:7

BM - Jaarverslag

Laai jaarverslag af

Bybel-Media is die media-organisasie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) in Suid-Afrika. Met meer as 50 jaar ervaring, produseer ons verskeie publikasies, bedieninge en media, met die doel om ’n inspirerende vennoot op jou geloofsreis te wees. Bybel-Media se werk word ondersteun deur donasies.

Bybel-Media bestuur verskeie publikasies en bedieninge, insluitend:
Bybelkor (Boeke en Bybel-kursusse), Kerkbode (kerkkoerant), LiG (tydskrif), en Jaarboek van die NG Kerke, Goeie Nuus Media (oudiovisuele evangelisasie), Mema-Media (elektroniese mediaproduksie), Jeugfokus (produkte vir jeug en kategese), Nehemia Bybelinstituut (teologiese opleiding), FLAM (kontemporêre kerk musiek), Vonkk (klassieke kerkmusiek), en Missio (aanlyn bediening platform).
Bybel-Media het ‘n onafhanklike direksie en bestuurspan. Ons is geregistreer as:
Nie-Winsgewende Maatskappy (NPC): Registrasienommer 1980/002524/08
Nie-Winsgewende Organisasie (NPO): Registrasienommer 004-153NPO
Openbare Voordeel Organisasie (PBO): Registrasienommer 930013603.

Jou donasie help ons om gelowiges met Bybels en Bybelse hulpbronne toe te rus sodat meer mense Jesus se boodskap van liefde, genade en verlossing kan hoor. Ons ontwikkel produkte en projekte om kinders, gesinne en gemeentes te versterk in hulle geloof.

Ons betaal geen kommissie uit die fondse wat direk aan Bybel-Media geskenk word nie. ’n Klein kommissie word wel betaal aan ’n fondswerwer wat met langtermyn-donateurs opvolg.
Die digitale era het die mediabedryf verander, en Bybel-Media pas aan deur meer digitale produkte en platforms soos Missio, LiG en Kerkbode aan te bied. Ons fokus op die verspreiding van die evangelie deur beide gedrukte en digitale media. Bybel-Media het digitale transformasie omhels deur aanlyn platforms te skep, sowel as deur oudiovisuele projekte en digitale opvoedkundige hulpmiddels vir kerkleiers en gemeentes te ontwikkel.