Bybel-Media loods ’n nuwe projek wat in hierdie uitdagende tyd uitrek na geliefdes en vriende in aftreeoorde, versorgingsoorde en tehuise vir bejaardes in die hele Suid-Afrika.
Elke tehuis of aftreeoord sal ’n boks vol gratis Christelike boeke, Bybelstudies en Bybels ontvang om uit te deel, self te lees en saam te geniet.
Word deel van ons projek!
Skenk slegs die koerierkoste van R99 en Bybel-Media sal sorg dat die boks afgelewer word by ’n ouetehuis, aftreeoord of versorgingsoord van jou keuse.
Help Bybel-Media om ons impak te verhoog en mense in hulle geloof te bemoedig.
Besoek www.bybelmedia.co.za om jou R99 vir die korierkoste te skenk of maak ’n direkte inbetaling of EFT na Bybel-Media se bankrekening.
Bybel-Media Handel
Absa, Wellington
Tjekrekening: 405 433 6340
Takkode: 632 005
Verwysing: e-pos en naam
Indien jy wil help, stuur vandag nog jou inligting aan [email protected] en ons kontak jou.