Bybel
BouBlokke

Bou saam met ons
Elke BybelBouBlok wat jy skenk, bou ander op in hulle geloof

Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.

– 1 Petrus 2:5

BybelBoublokke

Met die stigting van Bybelkor in 1971 het die bekende en wyse ds Jan Lange van Riversdal ons kerk help fokus op wat regtig belangrik is. Hy het gesê dit gaan in die kerk nie net oor baksteengeboue nie, maar veral oor lidmate se geloof wat uitgebou word – woorde wat vandag meer waar is as ooit tevore!


Met ons simboliese bouprojek vra ons jou om ’n maandelikse bydrae te maak en só saam met ons aan die toekoms te bou. Die simboliek van die boublokke is dat ons die geloof van kinders, gesinne en lidmate opbou. Die fondse wat ons hiermee insamel, sal onder meer deel raak van ons toekomsfonds.

HEEL ONS LAND DEUR BYBELSE GELOOF

Ek is seker jy glo ook dat Bybelse geloof ons land kan heelmaak.

BOU GELOOF DEUR BYBEL-PROJEKTE

Ons wil Bybelse geloof bou by kinders, gemeenteleiers en gemeentes. Daarom ontwikkel en versprei ons hulpmiddels vir gemeentes, gesinne en kinders se geloofsopvoeding.

BRING HOOP EN DEEL JESUS SE LIEFDE

Bybel-Media bring hoop, ondersteuning en Jesus-liefde.

bou ander op in hulle geloof

Vir gelowiges soos ek en jy lê groot bouwerk voor. 

Dit is met jou hulp dat ons saam die 

reuse-uitdagings kan oorkom.

Ondersteun hierdie projek

EFT/stoporder

Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA

Bank: ABSA
Rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: epos en naam

skenk R100

Subscribe

skenk R200

Subscribe

Kies eie eenmalige donasie

* Bedrag

ondersteun deur diebietorder

KLIK HIER vir die aflaaibare vorm. Voltooi dit en stuur dit terug na [email protected]

MAAK 'N IMPAK

VESTIG ‘N TOEKOMSFONDS VIR GEESTELIKE WERK

Die fondse wat ons hiermee insamel, sal onder meer deel raak van ons toekomsfonds. Jou bydrae sal dus jare lank nog die geestelike werk van Bybel-Media ondersteun.

ONTWIKKEL PRODUKTE WAT ‘N IMPAK MAAK

Deur die werk van die Nehemia Bybelinstituut kon ons verlede jaar meer as duisend ongeskoolde kerkleiers deur afstandsleer teologies oplei.

HOU ALTYD VAS AAN GOD SE TROU

Die geskiedenis het ons geleer dat dit moontlik is. Ons het voortgegaan om ’n tydskrif tydens ’n wêreldoorlog uit te gee en ’n kerkkoerant tydens die Groot Griep drukkers toe te stuur.