Bou saam aan ‘n geestelike toekoms
“Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.” – 1 Petrus 2:5
Bybel-Media se geskiedenis verskaf ’n stewige fondasie vir ons doel. Ds. Jan Lange van Riversdal het met die stigting van Bybelkor (vandag deel van Bybel-Media) in 1971 ons herinner aan wat regtig belangrik is: terwyl ons kerke bou, moet ons ook gelowiges opbou.
Vandag nooi ons jou uit om deel te wees van hierdie simboliese bouprojek. Jou maandelikse bydrae help ons om die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk. Met elke BybelBouBlok wat jy skenk, bou ons saam ander op in hulle geloof.
Bou Saam Met Ons:
Gelowiges soos ek en jy het groot bouwerk wat voorlê. Jou ondersteuning help ons om uitdagings te oorkom en geloof sterker te maak. Elke skenking bou aan ’n toekoms van geloof en hoop. Jou bydrae maak ’n verskil!
Name | Amount |
---|
Bybel-Media
ABSA Bank
Rekeningnommer: 405 118 1699
Takkode: 632005
Gebruik asb jou e-posadres en naam as verwysing
Laat elkeen gee soos vooraf in die hart besluit is; God het 'n blymoedige gewer lief.
- 2 Korintiërs 9:7