Gee ’n geskenk van hoop aan kinders
Jou bydrae sit boeke in die hande van kinders.
“Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: ‘Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.’” – Lukas 18:16
Ondersteun kinders se geestelike groei
Ons samelewing stoei met swak leesvermoë, maar ook met ’n gebrek aan geestelike ongeletterdheid, by ons kinders. Bybel-Media wil hierdie uitdagings aanpak deur die lees-met-begrip-vermoë van kinders te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun. Ons ontwikkel leesboeke vir kinders en bied kursusse aan vir jeugleiers en fasiliteerders in ons gemeenskappe met groot geestelike nood.
Hierdie projek sal met jou ondersteuning Bybel-produkte aan kinders kan uitdeel. Dit sluit geskenkkouse gevul met Kinderbybelstories, aktiwiteitsboeke, en opvoedkundige materiaal vir kinderhuise, skole, en gemeenskappe in.
Maak ’n verskil in ’n kind se lewe
Elke bydrae, hoe groot of klein, maak ’n direkte verskil in die lewe van ’n kind. Jou ondersteuning help ons om geloofsvormende boeke en geestelike hulpbronne te ontwikkel wat die lewens van kinders verander. Kom ons bou saam ’n toekoms van geloof en hoop vir ons kinders. Jou donasie maak ’n verskil!
Name | Amount |
---|---|
Walda van Zyl | R600 |
Tonie Viljoen | R500 |
RIAN JORDAAN | RR500 |
Bybel-Media
ABSA Bank
Rekeningnommer: 405 118 1699
Takkode: 632005
Gebruik asb jou e-posadres en naam as verwysing
Laat elkeen gee soos vooraf in die hart besluit is; God het 'n blymoedige gewer lief.
- 2 Korintiërs 9:7