Echo of His Call Ministries

Die verkondiging van die evangelie in Indië.
Fokus op Christelike literatuur en opleiding

Bybel-Media en Echo of His Call Ministries

Bybel-Media is al vir meer as 42 jaar betrokke by die verkondiging van die evangelie in Indië. Dit word gedoen in vennootskap met Echo of His Call Ministries onder leiding van pastoor Sam Selva Raj. Hulle hoofkantoor is in Chennai.

 

Dié bediening fokus op Christelike literatuur en opleiding, maar daar word ook baie gedoen vir maatskaplike hulp en ontwikkeling. Die afgelope paar jaar is daar ook ’n teologiese korrespondensiekursus gevestig. Vir dié doel word dele van die NBI-kursus gebruik. Dit is beskikbaar in Engels, maar is ook in Tamil vertaal.

 

Die inisiatief, energie en visie waarmee Echo of His Call opereer vermenigvuldig die bydraes van Bybel-Media en voeg geweldige waarde toe. Wanneer ’n mens hierdie gelowiges in aksie sien, skep dit nuwe energie vir ons eie bedieninge in Suid-Afrika.

Behoefte aan evangelisasiewerk

Slegs 2,5% van Indië se bevolking van ongeveer 1,25 miljard mense is Christene. Dit beteken dat evangelisasiewerk ’n ontsettende groot behoefte in Indië is.

Die groei van gemeentes in Indië

Gemeentes groei en nuwes word ook gevorm danksy groepies wat gehou word waar die gids bespreek word. Daar is nou meer as 2 000 van hierdie gemeentetjies regoor Indië.

Behoefte aan teologiese opleiding

Die groei van gemeentes in Indië het volgende meegebring dat daar ‘n behoefte aan teologiese opleiding ontstaan het.

Deel die evangelieboodskap

Jou ondersteuning stel Echo of His Call in staat om na meer mense die evangelie op ’n Bybelse wyse oor te dra.

Ondersteun hierdie projek

EFT/stoporder

Rekeningnaam: BYBEL-MEDIA

Bank: ABSA
Rekeningnommer: 40-5118-1699
Tak: WYNLAND
Takkode: 632005
Swift-kode: ABSAZAJJ
Verwysing: ECM, epos en naam

skenk R100

Subscribe

skenk R200

Subscribe

Kies eie eenmalige donasie

* Bedrag

ondersteun deur diebietorder

KLIK HIER vir die aflaaibare vorm. Voltooi dit en stuur dit terug na [email protected]