Elmarie Ferreira

Julle stories

Elmarie Ferreira

Elmarie Ferreira en haar vriendin, Karin Beukes, het mekaar vir die eerste keer by Karin se troue in 1988 ontmoet. Toe Karin se man ’n paar jaar daarna oorlede is, het dié twee se hegte vriendskap en gesamentlike geloofspad vlamgevat. Vandag is hulle steeds onafskeidbaar, selfs al woon Elmarie tans in Centurion en Karin in Heidelberg, Gauteng.

Elmarie is ’n lidmaat van die NG Kerk Wierdapark-Suid in Centurion en deel van haar gemeente se voedingskemaprojek wat aan skoolkinders kos voorsien. Hierdie gemeente het ’n groentetuin aangepak, waarby Elmarie ook betrokke is, en ’n groot sukses daarvan gemaak.

Elmarie het van die Aftelkalender gehoor toe Karin haar daarvan vertel het. Karin se gemeente, die NG Kerk Rensburg in Heidelberg, het hierdie platform met die hele gemeente gedeel. Elmarie het besef dit is iets wat sy en haar vriendin saam sal kan geniet.

Elmarie en Karin se gunstelingdae van die Aftelkalender is dag 1 en dag 18 omdat hulle albei dit geniet om God saam te aanbid. Een van die lesse wat die Aftelkalender hulle geleer het, is dat dit niks kos om liefdevol en nederig te wees nie, veral in die uitdagende tyd waarin ons land en die wêreld tans verkeer.

Elmarie (links) en haar dogter Laetitia (regs)

NG Kerk Wierdapark-Suid se suksesvolle groentetuin

Karin (links) en Elmarie se dogter Laetitia (regs)

Karin se nagmaaltafel

DEEL DIT

LEES OOK

Ontmoet die span

Ontmoet die span: LUANÉ MCLACHLAN Ontmoet Luané McLachlan Luané McLachlan is ’n kunstenaar met vele talente. Haar vaardighede word ingespan

Marius Nel

Ontmoet die span: MARIUS NEL Ontmoet Marius Nel Marius Nel skryf die daaglikse Oordenking wat deel vorm van die inhoud