erflating

Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug. 

– PREDIKER 11:1

Bybel-Media en jou nalatenskap

Donateurs kan Bybel-Media op verskeie maniere ondersteun. Een manier om ons te help om ’n verskil in die wêreld te maak is om ons deel van jou nalatenskap te maak. Bybel-Media is ’n niewinsgewende geloofsorganisasie wat opleiding, programme en produkte ontwikkel om gemeenskappe op te bou en gelowiges te help groei. Ons is deurlopend besig om nuwe maniere te vind om die nodige fondse in te samel waarmee Bybel-Media inisiatiewe aan die gang hou. Hierdie bediening is afhanklik van die steun van lojale donateurs soos jy. 

 

Bybel-Media nooi jou om te kies vir ’n nalatenskap wat ’n impak sal maak. So help jy om die uitdra van Jesus se boodskap te verseker. Hierdie gids wys vir jou hoe maklik dit is om dit te doen.

Bybel-Media het drie gratis produkte ontwikkel om jou te help

Erflatingsgids

Bybel-Media se Brood op die Water-erflatingsgids gee aan jou ’n volledige uiteensetting van hoe om oor jou nalatenskap te dink en wat jy kan doen as jy ’n liefdeserflating sou wou nalaat.

Lewenslêer

Bybel-Media se Lewenslêer is ’n handige gids waarin jy al jou inligting op een plek bymekaar kan hou. ’n Ingevulde en volledige lêer help die mense na aan jou wanneer jy te sterf kom.

Kodisil

ʼn Kodisil is ʼn aanhangsel aan ‘n bestaande testament om dit aan te vul of te wysig. 

beplan vir die toekoms

’n Groot hoeveelheid Suid-Afrikaners het nie ’n testament nie. Dit is belangrik dat almal ’n testament sal hê, ongeag jou finansiële situasie. Wat met jou nalatenskap gebeur wanneer jou aardse reis tot ’n einde kom, is immers ’n belangrike persoonlike saak. Jou nalatenskap word ten volle deur jou en jou behoeftes bepaal. Buiten die mense naby aan jou wat eerste moet kom, het ’n mens ook dikwels die behoefte om ’n organisasie te ondersteun wat ’n rol in jou lewe gespeel het en jou na aan hart lê.

Ons dink dikwels net mense wat baie geld het, kan ’n bedrag aan niewinsgewende organisasies in hulle testament bemaak. Die werklikheid is dat die meeste skenkings vir Bybel-Media kom uit testamente van gewone mense wat selfs ná hulle dood ’n verskil wou maak. Jesus het met ’n handjie vol brood en vis duisende mense gevoer. Wat jou situasie ook al is, elke klein bydrae maak uiteindelik ’n diepgaande verskil en word gebruik vir projekte en produkte wat baie mense se lewe raak en verander.

Bybel-Media se unieke erflatinggids

Bybel-Media nooi jou om ons Brood op die Water-gids te gebruik. Indien jy jou sake in orde wil kry, is dit die perfekte plek om te begin. Dit bied jou:

• ’n verduideliking van watter opsies aan jou beskikbaar is.

• meer inligting oor waarom dit belangrik is om ’n testament of ’n trust te skep.

• ’n uiteensetting van verskillende sake wat jy in ag moet neem.

• maklike stappe om jou testament saam te stel en by te werk.

Testamente

Kan ek self my testament opstel?

 

Wat moet ek in ag neem wanneer ek my testament opstel?

 

Wat kan ek nog by my testament insluit?

 

Kan ek vir my gunsteling-organisasie geld in my testament nalaat?

Bemakings

Wat is ’n bemaking?

 

Hoekom iets aan liefdadigheid bemaak?

 

Kan ek my bestaande testament verander om ’n liefdadigheidsbemaking in te sluit?

Belastingvoordele

Wat is boedelbelasting?

 

Bespaar op boedelbelasting

 

Wat gebeur as my omstandighede

verander?

Wat is die volgende stappe?

Hier is vyf stappe om met jou professionele adviseur te bespreek. Besluit watter prokureur of bank jou testament vir jou gaan saamstel. Om ’n wettige, bindende kontrak te wees moet die testament in die teenwoordigheid van twee getuies onderteken word. Hulle moet dit self teken. Hierdie getuies, of hulle eggenote, mag nie deel van jou begunstigdes wees nie.

1

Wat het ek om te bemaak?

2

Vir wie wil ek help?

3

Wie het ’n verskil in my lewe gemaak?

4

Eksekuteur

5

Bewaar jou testament

Bybel-Media se Handige LEWENSLÊER

Kry gemoedsrus dat jou papierwerk uitgesorteer is

• Sorteer jou dokumente

• Wees voorbereid

• Verstaan die rouproses

• Maak ‘n verskil

Hoofstuk 1

Hoe kry ek my papierwerk in orde?

Hoofstuk 2

Wat doen ek met wat ek erf?

 

• Erflatings

• Hoe gemaak met eiendom?

Hoofstuk 3

Hoe handel ek ’n boedel af?

 

• Die testament

• Die rol van die eksekuteur

• Wenke ten opsigte van finansies

• Ander sake om af te handel

• Nalatenskap

Hoofstuk 4

Hoe reël ek ’n gedenkdiens?

 

• Voor die gedenkdiens

• Reëlings vir die gedenkdiens

• Wees ingelig oor verassings

Hoofstuk 5

Wat doen ek direk ná ’n sterfte?

 

• Natuurlike en onnatuurlike sterftes

• Orgaanskenking

• Praktiese wenke vir direk ná ’n sterfte

Hoofstuk 6

Hoe hanteer ek rou?

 

• Die rouproses

• Hoe lyk en voel die rouproses?

• Ses fases van rou