Izelle Viljoen

Julle stories

Izelle Viljoen

KiesKerk se nuutste Aftelkalender, wat tydens die nasionale grendeltyd geloods is, se positiewe impak kring ver uit. Die Aftelkalender het kunstenaar en illustreerder Aletta Simpson geïnspireer om ’n inkleurkalender te teken wat die dae help tel – een unieke blom om in te kleur vir elke dag wat agter die rug is. Aletta is ook die kreatiewe hand agter die “Kreatiewe gebed” wat deel van dag 1-21 van die kalender was. 

Aletta se inkleurkalender het talle inkleur-fanatici, soos Izelle Viljoen, opnuut hulle kleurpotlode laat uitgrawe om hierdie tyd van inperking met ’n daaglikse dosis kreatiwiteit aan te pak.

Izelle is ’n 21-jarige student van die Paarl wat tans haar honneursgraad in Engels aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy is mal oor kitaarspeel, brei en veral lees. Sy vertel dat sy die inkleurkalender vreeslik geniet het en dat dit haar gehelp het om by te hou met die getal dae van die aanvanklike grendeltyd. Sy glo om in te kleur help om haar te kalmeer en gee aan haar brein ’n blaaskans om ’n rukkie af te skakel en slegs positief te dink.

Izelle Viljoen

Izelle se unieke inkeurkalender, wat @huisbrecht_aletta_simpson geskets het

DEEL DIT

LEES OOK

Ontmoet die span

Ontmoet die span: LUANÉ MCLACHLAN Ontmoet Luané McLachlan Luané McLachlan is ’n kunstenaar met vele talente. Haar vaardighede word ingespan

Marius Nel

Ontmoet die span: MARIUS NEL Ontmoet Marius Nel Marius Nel skryf die daaglikse Oordenking wat deel vorm van die inhoud