lig vir lisa
Laat kinders leef met lig, lag en liefde
Help kinders om verlies, angstigheid, boeliegedrag en eensaamheid te hanteer


LiG, in samewerking met Bybel-Media het onlangs die opwindende nuwe projek LiG vir Lisa geloods. Deur hierdie projek maak ons ‘n groot impak op kinders en ouers se lewe. Ons praat oor lewenskwessies soos verlies, angstigheid, boeliegedrag en eensaamheid. Dít doen ons in die vorm van stories. Ons LiG vir Lisa-projek bring lig in die donker warboel van kinders se emosies met ‘n reeks boeke wat deur stories help om kinders te troos en bemagtig. Die Ligland-reeks help kinders om te blom, met balans te leef en in hulle geloof te groei.
Jy kan ons help om dié hulpmiddels verder te ontwikkel deur ‘n maandelikse (of eenmalige) bydrae te maak.
Geskenkkouse gevul met Kinderbybelstories, Bybelse aktiwiteitsboeke en ander opvoedkundige boeke sal by onder meer kinderhuise en skole uitgedeel word.
Bybel-Media in samewerking met LiG gee belangrike rolspelers, soos ouers en onderwysers, “gereedskap” in die hand om kinders te help.
Help ons om die boodskap van lig uit te dra en deel
hierdie projek met vriende, familie of
iemand wat daarby sal baatvind.
Jou bydrae help kinders om met balans te leef en in hulle geloof te groei.
LiG vir Lisa-projek bring lig met ‘n reeks boeke wat deur stories help om kinders te troos en te bemagtig.
Ons het reeds begin om die boeke by skole te versprei. Jou bydrae sal dit moontlik maak om nog baie boeke weg te gee.