Marius Nel

Ontmoet die span: MARIUS NEL

Ontmoet Marius Nel

Marius Nel skryf die daaglikse Oordenking wat deel vorm van die inhoud van die Aftelkalender, wat op KiesKerk.com beskikbaar is.

Meer oor Marius

Marius is in Oos-Londen gebore en was ’n teologiestudent by Maties. Hy was vir byna 20 jaar predikant in Pretoria voordat hy ’n aanbod van die Fakulteit Teologie by sy alma mater aanvaar het. Sy vrou, wat ook ’n predikant is, het op dieselfde dag ’n aanbod by Oostersee-gemeente in Parow aanvaar. In 2012 het Marius teruggekeer na Stellenbosch as ’n dosent, waar hy die vak Nuwe Testament doseer.

Marius geniet dit om in sy vrye tyd te lees, te reis, nuwe plekke te ontdek en sal ook dikwels sy gunsteling-sportspanne ondersteun.

KIESKERK SE IMPAK

Marius meen die Aftelkalender bied ’n verskeidenheid materiaal en demonstreer aan gemeentes dat die kerk meer is as bloot die eredienste. Alhoewel niks die ervaring kan vervang om die Here saam in mekaar se teenwoordigheid te aanbid nie, skep hierdie platform tog ’n gevoel van saamwees.

Vir Marius skep KiesKerk die geleentheid vir talle verskillende gemeentes om saam te kom en terselfdertyd ’n boodskap uit dieselfde materiaal te kry terwyl almal dieselfde uitdagende omstandighede ervaar – en dit is werklik waardevol. Marius sien hoe gelowiges weer die kans kry om hulle geloof met hulle onmiddellike gesin en uitgebreide familie te beleef en te deel – iets waarvoor ’n mens voorheen min kans gekry het.

DEEL DIT

LEES OOK

Ontmoet die span

Ontmoet die span: LUANÉ MCLACHLAN Ontmoet Luané McLachlan Luané McLachlan is ’n kunstenaar met vele talente. Haar vaardighede word ingespan