Nadenke: Wat het ons die afgelope jaar bereik?

Vir Bybel-Media is dit belangrik om gereeld te besin oor die organisasie se vordering, veranderinge en impak. Die Bybel-Media-span pak altyd talle uiteenlopende projekte aan en bring verbeteringe in hulle toekomsplanne aan.

Die span het hulle onlangs afgevra: “Wat het ons die afgelope jaar bereik?”

Om hierdie vraag te beantwoord het Hannelie Matthee, Bybel-Media se finansiële bestuurder en donateur-skakel, die videokamera aangedurf om aan die publiek terugvoering te gee.

In die video praat sy oor 26 maniere waarop Bybel-Media gemeentes en gemeenskappe dien. Die uiteenlopende afdelings wat gedek word strek vanaf publikasies, aanlyn bedrywighede en vertalings, tot kerkmusiek, ’n Afrika-voetspoor, tronkbediening en vennootskappe.

KLIEK HIER en kyk gerus die video “Wat het ons die afgelope jaar bereik?” om te sien tot waar Bybel-Media se impak strek.
https://www.youtube.com/watch?v=6cEsg7_McYE

DEEL DIT

LEES OOK

Ontmoet die span

Ontmoet die span: LUANÉ MCLACHLAN Ontmoet Luané McLachlan Luané McLachlan is ’n kunstenaar met vele talente. Haar vaardighede word ingespan

Marius Nel

Ontmoet die span: MARIUS NEL Ontmoet Marius Nel Marius Nel skryf die daaglikse Oordenking wat deel vorm van die inhoud