By Bybel-Media weet ons elke donasie maak ’n blywende impak op mense se lewe. Daarom is ons span so dankbaar vir die donateurs wat ons ondersteun om die Goeie Nuus te verkondig.
Of jy nou ons KinderKersKous-projek ondersteun of ’n Bybel-boodskapper is, weet dat ons nie jou vrygewigheid as vanselfsprekend aanvaar nie. Jou bydrae is nie net ’n finansiële steunpilaar nie; dit is ook ’n ligstraal van hoop en ’n teken van ruim harte wat saam ’n verskil maak. Elke sent wat ons donateurs aan ons skenk, is ‘n bousteen vir ons Bybelprojekte en inisiatiewe.
Om dankie te sê aan ons donateurs het ons span op 31 Oktober ’n spesiale Dankie-dag gehou. Klik hier onder om na die video te kyk en te sien hoe ons mense soos jy gevier het:
Wil jy ons graag nog verder ondersteun? Die feesseisoen is amper hier en dit is die perfekte tyd om jou laaste donasie te maak voordat die vakansie begin.
Klik hier onder om ons te help om ’n nog groter impak te maak: