Jeugfokus

Jeugfokus
Jeugfokus is Bybel-Media se druknaam vir jeug- en kategeseprodukte met die oogmerk om die jeug na Jesus te lei en hulle te ondersteun in hulle geloofsvorming met ’n reeks gedrukte- en aanlynprodukte vir alle ouderdomme. Jeugfokus Kategese+ is ’n sesjaar program wat geloofsvorming vir alle ouderdomme bied, van voorskool tot belydenisaflegging. Elke jaar se materiaal sluit riglyne in vir fasiliteerders, kindermomente in die erediens, en huisgeloofgesprekke. Gespreksblaaie, vasleggingsaktiwiteite, en bykomende hulpmiddels is beskikbaar om af te laai, te druk en te deel.

Jeugfokus is Bybel-Media se druknaam vir jeug- en kategeseprodukte. Hierdie druknaam het ontstaan uit ’n samewerking met die destydse Algemene Jeugkommissie van die NG Kerk (ontbind in 2013), toe ’n nuwe pos as Hoof: Jeugkursusse by Bybelkor vir ds. Willie Botha van Outjo, Namibië, geskep is. Ds. Botha het in Julie 1976 by Bybelkor begin werk, en sy eerste kursusreeks, “Bekwaam om te leer”, is vir baie jare met groot sukses in die NG Kerk gebruik.

Produkontwikkeling en Samewerking 

Oor die jare heen het Jeugfokus ’n wye reeks produkte ontwikkel om gemeentes in hul bediening aan kinders en jongmense te ondersteun, die Goeie Nuus aan die jeug te verkondig, en vir hulle ’n begrip van die kerk te bied. Hierdie spanne doen navorsing, verskaf voorligting, en ontwikkel materiaal en hulpmiddels binne die raamwerk van die gereformeerde teologie en belydenisskrifte.

Digitale Ontwikkeling 

In 2021 het Bybel-Media vir die eerste keer Jeugfokus-kategesemateriaal as ’n volledig aanlyn platform vir geloofsvorming op die Missio-webtuiste bekendgestel.