Vriende van kerkbode
Ondersteun betroubare kerkjoernalistiek en oop gesprek
Help kerknuus gratis hou


Die Kerkbode-span lewer ‘n betroubare nuus- en kommunikasiediens binne die NG Kerk om lidmate en gemeenteleiers op hoogte te hou en toe te rus. Ons bied:
* Gebalanseerde kerknuus en stories van hoop en omgee asook lekkerlees profiele.
* Al die amptelike skuiwe in die NG Kerk en jongste vakatures en gasrubrieke en uiteenlopende standpunte op die brieweblad.
* Dinkstof: Teologiese besinning oor die Bybel en opinie en ontleding deur denkleiers en navorsers.
Ons doen ook ’n beroep op getroue lesers om deel te raak van ons aanlyn gemeenskap deur die Kerkbode-toep (Android of Apple) af te laai, in te teken op ons elektroniese nuusbrief en ons Facebook-bladsy te volg.
Ons wil nie ’n betaalmuur rondom www.kerkbode.co.za se stories, amptelike nuus, briewe, rubrieke en vakatures oprig nie.
Om ’n volhoubare en innoverende kerknuusdiens te wees, moet ons die afname in intekenaars op die gedrukte koerant aanvul met digitale inkomste.
Jou ondersteuning stel Kerkbode in staat om voort te bou op ’n geskiedenis wat terugstrek tot Januarie 1849 toe die eerste Kerkbode verskyn het met die doel om “godsdienskennis te versprei”.